The life Hermann Friedrich Kohlbrugge
dr. Hermann Friedrich Kohlbrugge - 1803-1875

Naar Meetingpoint
Indexpagina
H.F. Kohlbrugge INHOUD VAN HET PROEFSCHRIFT

1. Doel
Die doel van die studie was om die Christologie van Kohlbrugge in besonderhede uiteen te sit, dit eksegeties uit die Skrif en aan die hand van die gereformeerde belydenis en dogmatiek te toets en die aktualiteit daarvan vir die hede aan te toon.

2. Metode
Die metode van ondersoek was primęr 'n bronnestudie. In hoofsaak bestaan die bronne uit briewe, preke, enkele ander teologiese werke en kategetiese geskrifte van Kohlbrugge self. Kohlbrugge se kategismus getitel Die Lehre des Heils is as 'n belangrike riglyn gebruik. Eksegese van die relevante Skrifgedeeltes en toetsing aan en vergelyking met die gereformeerde belydenis was deel van die ondersoekmetode.

3. Bevindings
3.1 Soos 'n goue draad loop dit deur Kohlbrugge se denke: die Wet moet vervul word en God moet sy eer kry.
3.2 Mens-wees beteken sondaar-wees, nul-wees. Daarom kan hy die Wet nie vervul nie en hoort dit ook nie in sy hande as instrument om self sy heil uit te werk nie. Kohlbrugge het 'n voortdurende stryd gehad teen die Subjektivisme wat die Wet te veel in die mens se hande laat.
3.3 Kohlbrugge beskou die Wet as heenwysing na Christus. Die Wet is bedoel as heilsmiddel in Christus se hand. Die heil is dus vir Kohlbrugge solo Christo.
In die koms en werk van Christus speel die sola fide, die sola Scriptura en die sola gratia 'n beslissende rol.
3.4 Kohlbrugge was 'n getroue belyer van Christus se ware en regverdige mensheid en sy ware Godheid.
Uitdrukkings wat by sommige die indruk geskep het dat hy die sondeloosheid van Christus se menslike natuur te na kom, moet in konteks gelees word: sy erns met die Wet en die eer van God weerlę sulke beskuldigings.
Hy ken wel verkeerdelik aan die woord "vlees" by Johannes dieselfde betekenis toe as wat dit by Paulus het. "Vlees" is vir hom die gevalle menslike natuur. Hierdie uitleg kleur Kohlbrugge se beskrywing van Christus se menslike natuur.
3.5 Kohlbrugge maak erns met Christus se aktiewe én passiewe gehoorsaamheid.
3.6 Vir die Ou Testament het Kohlbrugge die hoogste waardering.
Die Ou Testament is net "oud" vir diegene wat Christus verkeerdelik nie daarin vind nie, soos die Jode (2 Kor. 3).
Kohlbrugge het 'n besonderse siening van die Ou Testament as wordingsgeskiedenis van Christus, naamlik dat Christus se wording in die Ou Testament 'n geloofs- en vleeswording is.
3.7 Kohlbrugge se eksegese is soms geforseerd.
Dit dra duidelike spore van sy stryd teen die Subjektivisme. As gevolg daarvan lees hy 'n afwysing van eiegeregtigheid in sekere Skrifgedeeltes waarin dit nie daaroor gaan nie.
3.8 Kohlbrugge se Christologie is op sekere punte nie gereformeerd nie.
Sy beskouing oor die neerdaling na die hel sluit meer aan by Luther.
3.9 In die geheel beskou kan Kohlbrugge se Christologie so opgesom word: dit is 'n radikale afwysing van die mens en 'n heenwysing na Christus alleen. Christus, ware en regverdige mens en ware God, is die volkome vervuller van die Wet van God en in Hom kry God alle eer. Kohlbrugge se Christologie kan saamgevat word in die Reformatoriese uitdrukking: solo Christo!

4. Hoofstukke
4.1 Hoofstuk 1: Inleiding
Objek van studie, probleemstelling, doel, uitgangspunte, hipoteses, metode van ondersoek.
4.2 Hoofstuk 2: Die gees van sy tyd: die Subjektivisme
Agtergrond van Kohlbrugge se Christologie.
4.3 Hoofstuk 3: Kohlbrugge en sy stryd teen die tydsgees
Biografie, toegespits op Kohlbrugge se stryd om die solo Christo.
4.4 Hoofstuk 4: Sy Christologiese beskouing van die Ou Testament
4.5 Hoofstuk 5: Die persoon van Christus
Waaragtige en regverdige mens en waarlik God.
4.6 Hoofstuk 6: Die werk van Christus in sy vernedering
Die geboorte, getuienis en kruisdood van Christus.
4.7 Hoofstuk 7: Die werk van Christus in sy verhoging
Die opstanding, hemelvaart en beërwing van die Koninkryk deur ons Here.
4.8 Hoofstuk 8: Samevatting en gevolgtrekking

BYLAAG: ‘n vertaling van Kohlbrugge se kategismus (Die Lehre des Heils) in Afrikaans.


Top | Index
RagSoft